a priceless inheritance – home magazine


Easy come, easy go. We’ve been taught since childhood that unearned money doesn’t last. But it’s taken me a lifetime to fully understand that.

The principle that automatically grants the eldest child possession of the family property, no matter what their talents and interests, has caused many a family feud. This primogeniture has often set sibling against sibling from the time that the first sods rain down on the father or mother’s coffin until the day that the still squabbling descendants are themselves laid to rest. Forgotten in the feuding is the fact that family is unity, noble and priceless. In my life, I’ve all too often seen that what you receive free of charge is never really yours. I always envied the families that inherited those magnificent Stellenbosch wine estates – until I saw at first hand what a heartbreakingly difficult task it was to still keep a property in the family by the seventh generation or so.

I envied the Upington businesspeople that inherited their enterprises from their parents, because I had to work so hard to keep up the payments and meet the expenses involved in acquiring something of my own. Until I saw how those that had the most often also inspired the most malice, and how avarice became a curse visited upon father and son, and the generations that followed them. I had a wonderful aunt whom I loved as dearly as my own life. She suffered from cancer that slowly consumed every part of her being, and we kept vigil by her side, day and night. Late one night, as my mother and I sat outside on the lawn, freeing our thoughts for a while, she asked: ‘Why do you love her so much?’ ‘Because she never had children of her own,’ I replied. And I imagine it must have felt precious for my mother to know that she was sharing her own eldest son with a woman who had none. My aunt lay on her deathbed for more than seven months, and I tried to do as much as I could for her; I called every doctor friend for advice, fed her finely ground apricot kernels and any and every green thing, olive oil and, later, tiny spoonfuls of purée. And when her breathing became shallow, she lay there, her body a remnant of its former self. This was a woman whom everyone had envied for her lovely home, the furniture, her diamonds.

And not a single cent could ease her suffering, or bring her comfort, rest and quietude. Five days before her death, she whispered in my ear, ‘Lift me up, Niël, so that we can go running among the flowers in the veld.’ I closed her eyes and whispered back, ‘Come, Pikkie, I’m lifting you up… Look, we’re flying out the window. Do you see the lipstick-red cannas, the white daisies with their golden-yellow hearts dancing around the dam? Do you see Ouma Miemie’s Christmas roses in pink, purple, green and lilac on the stoep at Pinewoods? And Gielie’s patchwork of vineyards heavy with Hanepoot grapes and shiraz? Look, there’s the mountain at Jonkershoek, the colour of blue lead today. And see the streets of Stellenbosch with their whitewashed, gabled houses, like noble knights among the green of the oak trees. Close your eyes, Pikkie, I’ve got you.’ I inherited from her when she passed on. But she taught me early that everything I already had and everything that I would receive was merely borrowed. They’re simply material possessions. Now I walk past her armchair, stroking the polished walnut with my fingers and remembering how we sat chatting in front of the fire in the sitting room.

I remember how we ate green-bean bredies at that same fireplace, how she sometimes hugged me harder when I went to greet her before heading home to Upington. Then I remember again that an inheritance of earthly goods is merely borrowed. And those who know this, already have the wings they need to soar into the blue sky when their time comes… free of the chains that bind so many of us to this earth.

soutenpeper1@telkomsa.net


sout+peper 2 hoofstuk 1


hoofstuk 1

kerk

sondag is die groot dag van die week. dan word die kisklere uitgehaal [die ou mense het hul sondagklere in ‘n kis gebere, vandaar die naam daarvoor], daar word van vroemore of al gewas, die krullers kom uit die hare uit, die lipstiek kom op my ma se lippe en die perfume word aangespuit, want ses dae moet jy arbei, maar op die siewende dag moet jy rus en jou Herder dien. jy en jou hiele gesin, want dit is die dag van die Here.

ons ry met die donkiekar tot by die kerk. ons donkies se name is skeweoor en hardlawaai. ons kerk is vir die plaasmense – oumies en oubaas en hul kinders gaat na die dorp se kerk.

die jaart by die kerk is vol klippers dus trap jy hoog, want jy dra jou kerkskoene.  my pa se skoene is blink gepolish, sy suit sit mooi, die hemp se skawemerke wys agter in sy nek. sy hoed is skoongeborsel en daar pronk ‘n nuwe tinktinkieveer daarin.

my ma dra haar sagte blou krimpelienrok met die wit gehekelde kraag wat sy by haarse ma geerf het.

ouma kon vrieslik mooi hekel, sy het by oumies se ma geleer en sy het baie van oumies se tafellappies gehekel – so vertel mamma.

die rok span styf hier om my ma se heupe, haar groot borste skoppelmaai  een vir jou een vir my soos sy stap. haar reguit hare is mooi netjies vasgetrek agter teen haar kop. die wit hoed vasgesteek met ‘n haarspeld.

ek kyk hoe haar enkels swel bo haar swart skoene uit, saam met die spatare wat om haar bene soos bobbejaantou klim.

die kinders, is nou ons drie, stap half skoor agter pa-goed. die kerkklok lui hier bo ons ore en pa draai half omgealie om en sê : “kom nou jas, mietha, grietha goed”  dominees staan voor by die deur – op die hoogste trap, hy groet ma, pa en dan elke kind in volgorde van sy geboortejaar – vir grietha laaste, want sy is mos die kleinste, ek is die middelste en jas is die oudste.

in die kerk staan die preekstoel met die woorde : God slaap nie. ek weet nie hoe God dit hou nie, want ek raak so vaak as ek nie genoeg slaap nie, dat my oë aan die brand wil slaan.

daar is ‘n antie wat die traporrel speel en ons sing altyd soos ‘n ou trekklavier agter haar note aan: Nader my God by U. my ma sing voor, grietha kan nog nie sing nie – sy moet stilbly.

die dominee maak my bang. hy moet die evangelie van die Jirre verkondig, maar hy praat so hard van God se straf. dan wys sy vingers bo in die lig en dan slaan hy met sy hand op die God slaap nie, preekstoel. soms skrik ek so groot, dat ek onder die bank wegkruip.

ek hou die meeste van die kinderpreke want dan is dominees se stem sag en hy bring altyd ‘n pop, of ‘n dier, of ‘n duif of iets buite die kerk saam.

ek probeer hard om te luister na die preek, want ek is bang vir God se straf, maar ai – moet net nie vir ma se nie – my gedagtes is buite saam met die duiwe in die bome. en die praat maak my vaak, ek wil net slaap. my ma tik my aan my skouer as my jis uit die bank uitgly.

my hare wat so krul maak my mal, ma stryk my hare, ma sit straightner op, ma maak dit vas met rekkies op my kop, dan trek ma haar ou sykous oor.

Ai, Jirre bid ek elke sondag as ek op die harde kerkbank gaat sit – gee tog laat my hare reguit raak – seblief tog Jirre – ek vra dit nie omdat ek dit verdien nie – maar om genade alleen – seblief.

elke sondag bid ek vir my hare se reguit. kom sondagaand klim ek vroeg in die kooi agter my sussie se rug in, met die wete dat die Jirre more, as ek wakker word, dalk my hare reguit sal gemaak het.

ek is ‘n kindjie
klein en teer,
maak my hartjie
rein, o! Heer,
dat niemand
daarin woon nie
as U alleen, o Heer
.

Hy kan wiet ma – is Hy kan – Hy het dan water na wyn geverander, vir baie honger mense brood en vis uitgediel, op die see se water geloop, mense gesond gemaak – sommer net so – so as ek nou mooi genoeg vra en soebat; Jirre, seblief tog toe maak myse hare reguit, dan sal hy mos luister, né ma.

ma weet die Jirre hoor elke dag so baie gebede en ek dink nie hy kom by almal sin uit nie ma, ek dink ook dat oumies se witmense se gebede voor staan en ons bruinmense s’n agter, maar weet ma as ek nou vroeg genoeg en mooi genoeg bid – kan ek net dalk eendag voor in die ry kom met my gebed voor God gaan slaap.

my ma kyk my die kant en daai kant toe en sê: die Jirre het jou gemaak soes jy is – laat staat jou hare – jy is mooi soes jy is. ek staan en kyk ma aan met myse blou oë. “ag, Jirre ma“ my ma mik na my kant toe met die vadoek : “lat staan jou bekkigheid, klein aapstert, jas patat !“, sy mis my boude net – net en sê vir my: “kom sit my kind”.

sy gooi vir ons oros en water. my kind jou bloed is deurmekaar – daar is wit afrikaner daarin, swartmens, franse, hollandse en ook maleisiese bloed. is die dat jou hare so ferfomfaai is, jou bruinkop wat kroes soos ‘n seespons. maar in jou twee oë kan ek jou siel lees. jou oë is die kleur van jou oupa sin – blou.

ek kyk my ma en sê: ma, ma wie is my oupa dan. my ma kyk my – haar oë is stil. sy kyk verby my vir die dorp se kerk almanak met die toring en sê: my kind – hy’s lankal dood. maar sy kyk nie in myse oë nie. ek ken ma as sy soe kyk : sy lieg.

ek staan op, skuif my stoel terug en los my ma alleen by die groen melamientafel sit. my ma se boude hang oor die stoel se sitplek. haar skouers lê vorentoe. sy sug. ek stap uit en maak die agterdeur se bo-deur toe, agter myse gat.

nota – om jou hare te laat groei

 

meng 1 eetlepel parafien, brandewyn en kasterolie tot ‘n pasta. smeer jou kop ordentlik – trek ’n plastieksak oor en gaan sit in die son. was uit en gebruik soos nodig.

 

Op skoon blad oorkant die teks

halleluja 286 

 

1. doen slegs U wil, Heer, U wil met my,

U, pottebakker, met my, die klei;

vorm my en maak my net soos U wil;

op U slegs wag ek, needrig en stil.

 

2. doen slegs U wil, Heer, U wil met my,

toets en deursoek my, al moet ek ly!

witter as sneeu, Heer, was my vandag;

laag aan U voete wil ek steeds wag.

 

3. doen slegs U wil, Heer, U wil met my,

moeg en verlate, o staan my by!

raak en genees my, Heiland en Heer;

U kan almagtig oor my regeer!

 

4. doen slegs U wil, Heer, U wil met my,

tot heel my lewe U is gewy.

maak van my hart, o Heiland, U troon,

tot elkeen Christus in my sien woon.

 

 

 



april 2012

Lees aan


Lees aan


Lees aan

ek is het op 22 desember …


ek is het op 22 desember begin skryf aan my nuwe boek . as jy dalk onthou stories het van jou kleurling aia , stuur dit asseblief vir my – ek sal jou stories en haar resepte graag wil verwoord in die nuwe boek – groete


resensie van ‘n skrywer


liewe leser

soms word ‘n mens stil. stil wanneer iemand jou siel en jou hart raaksien en die lewe sien deur jou oë. dit is raar en gebeur min, omdat ons so besig is en so min tyd het om werklik te luister. die digter betsie van niekerk, het die volgende geskryf oor die boek sout+peper.

In sy boek “In search of lost time” beskryf Marcel Proust hoe hy na ‘n lang afwesigheid terugkeer na sy tuisdorp en sy ma vir hom op hierdie triesterige wintersdag ‘n koppie tee aanbied, asook ‘n “petit madeleine”. Wanneer hy die eerste mondjievol tee drink en die krummels van die soetigheidjie proe, sê hy “An exquisite pleasure had invaded my senses …” Hy kom tot die gevolgtrekking: “When from a long-distant past nothing subsists, after the people are dead, after the things are broken and scattered, taste en smell alone, more fragile but more enduring, more immaterial, more persistent, more faithful, remain poised a long time, like souls, remembering, waiting, hoping, amid the ruins of all the rest; and bear … in the tiny … drop of their essence, the vast structure of recollection.” Met die hap van ‘n petit madeleine-koekie is dit of die ou huis wat hy geken het, as’t ware uit sy fondamente opstaan, dan die dorpie self, die klein dorpsplein, al die skakerings van onweer en sonlig – soos wanneer klein opgevoude Japannese papiertjies in water geweek word en hulle dan ewe skielik wonderbaarlike vorms aanneem – blomme, huise, mense… Met ‘n klein happie en slukkie, roep die geure ‘n hele lewe op.
In Niel Stemmet se boek Sout en Peper gebeur hierdie kleine wonders bladsy vir bladsy. ‘n “anijsteekoekie en rooibos-en-kondensmelktee” laat hom skryf: “my ouma miemie het op koringberg in ‘n eenvoudige huisie met ‘n longdrop agter in die jaart gebly. Ek onthou ‘n skoon werf en ‘n bobbejaan wat aan ‘n ketting was. Ons bulletjies was doodbang vir die bobbejaan. Ek onthou ook ouma se tee. Dit het heeldag op die stoof staan en stoom. Regte ou rooibosteeblare saam met plaaswater gekook en bedien met kondensmelk in outydse koppies van porselein. Ons kinders was versot daarop en kon nie genoeg daarvan drink nie.”
Dit is asof moeders en oumas en tantes hulle spierwit voorskote ombind en vooroor gebuig by ‘n witgeskropte houttafel staan en kos maak. Dit is asof deure oopgemaak word na ou vertrekke waarin die geure van anys en kaneel hang; die leser word saamgeneem op ‘n kosbare reis van sintuie en herinneringe. Met sy erfeniskos en fyn genuanseerde beskrywings van mense, huis en omgewing, roep die skrywer op nostalgiese manier ‘n vervloë tyd op – ‘n tyd ingeprent in die psige van die meeste van die lesers. Sy egte omgaan met woorde sluit nou aan by die egtheid wat ook in die resepte uitgebeeld word. Dit is veral die egte omgaan met eenvoudige bestanddele wat tref; die respek wat daar is vir die enkel bestanddeel; die tyd wat spandeer word om hierdie bestanddeel met toewyding en deernis tot sy reg te laat kom.
Sout en Peper is ‘n kosbare toevoeging tot wat nou reeds beskou kan word as die genre van kookkuns in Suid-Afrika. Maar hierdie boek wil meer wees as die opskryf van resepte en geheime – dit is ‘n uitnodiging tot ‘n reis – die skrywer stap met ooglopende verwondering en respek op die spore van die Suid-Afrikaanse kook-geskiedenis. Maar dit is asof hy ons wil terugbring tot die egte eenvoud van kos: ons moet tyd maak vir tantes en oumas; vriendinne en kook-meesters tegelyk. Die name van vroue wat so kwistig gebruik word, klink in sigself na ‘n ode aan geslagte vroue wat die dieper geheime van “slow cooking” lank reeds gesnap het: yvonne, wilna, pikkie, elsabe, beax, steffie, marietjie …
Met sy verwysing na Heimwee van JRL van Bruggen wil die skrywer as’t ware die leser inlok in die weelde van hierdie nostalgiese reis. Maar dan raak dit baie meer as ‘n blote weergawe van ander se resepte – die skrywer self se intense belewenis van kleur en geur , sy kleinseuntjie-bewondering vir kos en kleur, word die eintlike juweel van hierdie boek. Die leser kan bloot nie anders nie as om saam met hom te loop nie; saam met hom opgewonde te raak oor juffrou duckitt se dansaande, sy ma se hemelse soetpatats, somergeelperskes, ‘n huilmooi dag in de kelders, sondagmiddagstiltes…
Die foto’s is in die boek eggo die inhoud – eenvoud en egtheid, die lieflikheid van die enkel item, die eenvoud van ‘n bietjie blomme in ‘n potjie gedruk … want kos staan nooit alleen nie. Kos is die resep van lewe; dis geskiedenis, dis huil en lag, dis menswees in sy volheid – als in een. Niel Stemmet slaag daarin om aan die leser ‘n unieke en heerlike reis te bied; kuiers by familie en vriende, ‘n ete saam met ‘n vriend in die Kalahari; hy laat die leser weer verwonderd kind wees; hy leer ons weer proe aan ‘n kollektiewe kos-verlede vernuftig gekonstrueer deur sy raak beskrywings en passievolle woordgebruik – en op die koop toe kry die leser heerlike resepte en waardevolle wenke van hulle wat weet …
Betsie van Niekerk, Upington


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 672 other followers