marietjie, my niggie en een van die mooie dogters van tant grieta hanekom stuur die volgende liplekker soetpatats resep
” My ma se patats het geblink en was hemels. Sy het begin deur die suiker op die boom van ‘n swaarboomkastrol te strooi en sommer so ‘n “dash” olie daarby en (belangrik) ‘n knippie koeksoda. Dan is dit stadig gekarameliseer. Net voor dit sal brand, is ‘n bietjie kookwater ingegooi en daar het jy die stroop. Nou kom die skyfies patat in – en ook die belangrike knippie sout. Soms het sy die patat in stukke van so 2cm x 5 cm gesny – dit was vir my eers lekker. Dit stowe nou stadig tot alles goudbruin, taaierig en blink is “
mal oor die koeksoda wat inkom- seker om die kleur te behou – ons sal dit maak en jou ma gedenk – dankie marietjie
Oktober 4th, 2010 at 12:48 nm
Nou vertel niggie Louise gister sy onthou dit as koeksoda en nie kremetart nie, wat inkom. Maak vir my ook sin. Sal dit so ook probeer.
Oktober 2nd, 2010 at 8:50 vm
mooi storie – jou ma was n aardengel
Oktober 1st, 2010 at 11:27 nm
Waar woorde. Tot haar dominee het altyd gesê hy ken nie nog ‘n mens wat so oophand vir haar medemens leef soos sy nie – wat hom betref die toonbeeld van hoe ‘n Christen moet lyk.
Ek was baie klein, toe bly ons in Bellville in die lane, en sy kom te hore van ‘n ou tannie wat by haar kinders bly ‘n ent van ons af. Volgens haar het die tannie gekla dat sy nie ordentlike kos kry nie (glo nie eens sout in die kos nie – dalk was dit dokters orders?). My ma het elke dag ‘n bord gekookte kos gereed gemaak en ons moes dit soontoe dra.
So is daar oor die jare menige borde kos vir mense gestuur. En toe ouma Miemie in die ouetehuis beland, moes veral die lekker vleis ook pad maak soontoe, want ouma kry nie genoeg daarvan in die tehuis nie.
Oktober 1st, 2010 at 12:40 nm
Het ook onthou: soms het sy heel klein patatjies in die stroop gekook of ‘n groter patat in kwarte of meer gesny om soos ‘n jong patatjie te lyk. Dit was nou iets heel anders – blink goue patats met elke stuk wat so ‘n taai stropie saam met hom bord toe bring.
Oktober 1st, 2010 at 6:09 nm
ai, ek wens ek het meer by haar in die kombuis gekuier en geleer, sy was ‘n edelmens
Oktober 1st, 2010 at 9:47 vm
Njammies!!! Ek is so lief vir soetpatats. Ek het onlangs so n wonderlike resep van n blog vriendin gekry met botter, suurlemoenskil, swartpeper en donker bruin suiker…te heerlik met ‘n braai! Beautiful blog you have here…xx
Oktober 1st, 2010 at 6:08 nm
hello colleen , baie dankie stuur resep aan seblief – klink heerlik