marina de lange skryf uit denver :
Toe ek nog piepklein was, het ek altyd uitgesien na Saterdag middae. Saterdagaand was sopaand – sop met vars groente uit Vorentoe se tuin. Pa het altyd Saterdae oa sopbene gekoop – daardie groot beesbene waarvan die kop so sponserig was e…n sulke lekker senings aan gehad het. Buksie, dit is nou my ma, het dan eers ‘n heerlike vleisaftreksel gekook en vroegoggend is sommer vier brode vir die spannetjie, wat toe reeds vyf sterk was, gebak. Ek het my dan langs pa op die lang bank langs die wit geskropte kombuistafel tuisgemaak vir die lekkerste middagete in die wêreld – vars gebakte brood, vleissous en daardie lekker murgbene. Vandag verwonder ek my nog steeds aan ouma Ellie wat sonder kla, ons al groter wordende gesin kon voed – en in daardie dae slegs met die minimum geriewe – swart dover stofie en geen yskas.
Jy laat my ver dink! Tot ons weer gesels.
ek het ‘n sopresep gaan soek uit die dae en dra dit op aan ouma ellie en al die ander oumas soos sy
bietjie oorskiet vleis
2 pond beesbene
2 rape
2 geelwortels
2 uie
1 kop seldery
1/2 k rys
sout en peper
1 gelling water
die resep se kook alles saam vir 4 ure lank, ek sou se sny die groente in stukke, bring die sop tot kookpunt en laat dan stadig prut vir 4 ure lank. ek onthou die soppe en ook die murgbene. as kinders was die vir ons koningkos saam met brood en plaasbotter .
Oktober 6th, 2010 at 9:33 vm
Het dit nog nooit self gemaak nie en ook nog nie weer geëet nie. Dis mos van daai goed wat ‘n mens kleintyd leer eet, maar waarskynlik nooit sou probeer het as volwassene nie. So kon ek bv. nie die konyn, wat my Belgiese buurvrou spesiaal voorberei het vir ons en haar sjefvriend, oor my lippe kry nie. Ek het die geslagte dingetjie op haar wasbak sien lê en dit het tog te veel gelyk na die huiskat wat geslag is.
Oktober 5th, 2010 at 7:05 nm
is nou die een goed wat ek nie eet – nie – jullesal die storie van gebakte skaapkop moet vertel – ek ken dit van upington, eintlik meer van loeriesfontein , waat dit sterte en pere – aan tafel bedien is , en ons drie broers en ek dink my ma , botweg geweier het om dit te eer
Oktober 5th, 2010 at 6:23 nm
Marina, ek onthou ook die groot murgbene. Hulle maak hulle vandag net nie meer so nie! Dit was groter as my twee hande saam. Wie gaan begin vertel van die oondgebakte skaapkop? Ek het nog nooit weer daardie smaak geproe nie. Dink ek moet een by die Hantam Handelshuis gaan haal – hulle bak dit in ‘n houtoond. Sal net moet gaan wegkruip vir my huismense – soos ek met die oesters uit die skulp moet maak.
Oktober 5th, 2010 at 9:32 vm
het jou verkeerd verstaan , wou darem se – onthou jy die melksalon met sy rooi sitplekke, bekkie se kombuis – ja langsetyd se dae – eergister 168 klikke op blog gehad – groei mooi
Oktober 5th, 2010 at 9:12 vm
more – gaan die regte resep vir jou opsit, sien al vir langlies en hannes uiteet in johnny se kafee met die drie orrelpypies oorkant hulle
Oktober 5th, 2010 at 9:27 vm
NOOIT sou hulle by Johny se kafee gaan eet nie!!! Ek het maar net bedoel dit was die dae voor daar restaurante, ens op Upington was. So as jy nie die dag lus was vir kook nie of die familie wou treat was daai jou opsies. Eks ‘bevrees’ Johny het ons nooit gesien vir jaffles nie!
Oktober 5th, 2010 at 5:09 vm
Ons is as kinders partymaal vir Sondagmiddagete getreat vir ‘koopkos’. Behalwe vir Johny die Griek se jaffels, was al ‘koopkos’ die 3 gang etes wat jy by hotelle kon kry. Ek het nooit maar nooit die hoofgereg gemaak nie, want ek het my ooreet aan die voorgereg – murgbene en toast – en het dan direk na die ‘invariably’ roomys en tjoklit sous toe geskip! Tot vandag bly murg op toast vir my ‘n gunstelling gereg, maar die murgbene is nie meer die selle nie – ek dink dit het gekrimp want daar is nooit genoeg vir my in 1 kooksel sop nie