oorsese reise


marietjie skryf as volg van haar pa albert

My pa was ‘n lang man en een van die prentjies wat ons nog van hom het, is waar hy saans na werk met sy drankie in die hand by Ma in die kombuis staan terwyl sy kosmaak met sy elmboog gehaak oor die yskas. Frik het nou eendag, toe ons oor hom praat, gewonder of daar ‘n yskas vir hom is om sy arm op te leuen.
Tannie Hetta het een van daai goue, glas koepelgedoentes [ horlosies ] gehad wat oom Kerneels vir soveel jare diens gekry het. As ons daar slaap (gewoonlik ‘n paar gesinne saam) het ons kinders kermisbeddens in die sitkamer gehad en dan het ons daai klok al om die halfuur aangehoor.

En hulle was reisigers (van die min families wat dit daardie tyd kon bekostig) – elke jaar een of ander toer onderneem. So die sitkamer was vol aandenkings van hierdie reise. Vir my as kind was dit die aansporing om eendag ook die plekke te kan gaan kyk. Met ‘n besigheid en kinders groot maak, het hierdie droom nou nie so uitgedraai nie

my oupa koot en ouma nellie het gereis en dan wanneer hulle terugkeer het ons kinders grootoog om die geelhouttafel gesit en luister na oupa se stories. ek onthou ook die aandenkings, elk met sorg uitgesoek, en die teelepels, in daardie jare het hulle in elke dorp of stad ‘n teelepel gekoop, die teelepel was die bewys van die stad saam met ‘n legio poskaarte – ek onthou die poskaarte van florence , maar dat oupa michelangelo se dawid se poskaart weggesteek het vir onse ogies .

oupa het altyd persente vir ons saamgebring, eenkeer was dit huisie uit die alpe, die skoorsteen was die meganisme en as jy deur die venstertjieloer, agter in die middel van die dak kon jy die alpe sien, elke keer as jy die skoorsteen druk het ‘n nuwe alpeprent voor jou oe verskyn – dit was ongelooflik vir ons as kinders

op ‘n besoek terug van amsterdam het oupa vir my ‘n pen gebring, agter in die pen was ‘n glasvenster met binne- in ‘n baggerboot wat op ‘n kanaal vaar, as jy die pen opdraai, dan draai die boot om binne in die pen – ure se genot en skooltoe vat en vir die ander kinners wys.

jare later vat ek my ma london toe,  in daardie jare het jy almal gebel en gegroet. my oupa vra waar ons gaan en ma verduidelik en oupa antwoord as volg : elise wat julle ook aldoen vat net ‘n baie goeie wereldkaart saam  … kyk ek glimlag nou nog

en daar is ek en my ma op die vliegtuig al die pad via windhoek, frankfurt na london, ek het geslaap, my ma nee, sy het met haar hoed opgesit tot in london – respektabel aangetrek vir die wereldstad.

About these ads

About niël stemmet

koskenner, reisiger, skrywer, fotojoernalis, versamelaar, restaurant-en wynplaaskonsultant, kunsversamelaar, gastehuiseienaar, musiekliefhebber, natuurliefhebber, storieverteller, luisteraar en binne-en buitehuisekonsultant kopiereg voorbehou | concept and copyright protected : neil stemmet 2012 View all posts by niël stemmet

5 Responses to “oorsese reise”

  • Marietjie

    Jou foto van die Dawidbeeld herinner my aan my Florence ervaring. Ons het daar aangekom van Venesië en het vasgeval in ‘n nagmerrie van parkeerprobleme en ‘n slegte ervaring met ‘n businspekteur (het gehop op die bus bo-op die heuwel en toe ons onder by die stasie is, wou hy ons eers nie terug laat klim nie – het darem die stryd gewen). Ewenwel my twee toergenote wou die volgende dag aanskuif Rome toe en daar sit ek die aand in die “Shell Box” op ‘n kampterrein en die trane begin biggel (dit het ook van kindsdag af die toorwerk gedoen) – die teleurstelling was net te groot oor die “so naby en tog so ver”-gevoel wat my oorweldig. So het ek toe tog die volgende oggend eers die wonderlike ervaring van die kunswerke eers kon meemaak.
    Om in pas te kom met die blog: ons het in Italië immer gesoek na die ultimate pasta of pizza, maar was telken maar teleurgesteld – seker maar net nie die regte eetplekke aangedoen nie. Niks kon in elk geval kom by my Italiaanse vriendin in S.A. se ma, Louisa Lancelotti, se geregte nie.

  • Marietjie

    Die “prentjie” van my pa: vandag eers besef ek dat sy lengte gemaak het dat hy met gemak sy arm so op die yskas (nie ‘n kleintjie nie, hoor?) kon laat rus. En die drankie? Ter wille van die nostalgie moet ek probeer dink wat dit waarskynlik sou wees. Ek onthou sjerrie en ook gin – so vroegaand, na werk. Soos met kos, het ons ook met hierdie grootmensgoed geëksperimenteer – skelm slukkie of selfs net geruik en proe aan die bietjie wat in die glas oor gebly het. Sjerrie kon nog gaan, maar die gin het vir my alte veel gesmaak na die dennenaalde onder die dennelanging op Tudor Farm en later Matjiesfontein.
    My pa het ook nie omgegee dat ons wyn aan tafel mag gedrink het nie.
    So kan ons seker ook begin praat van ontwakenings op die gebed van die drank van “spys en drank” – a la Renata?

You must be logged in to post a comment.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 672 other followers

%d bloggers like this: