ma elise se appeltert


een van die geregte wat ek van my kinderdae onthou is my ma se appeltert. die is gereeld voorgesit en bedien op gryswit noritake bordjies saam met plaasroom. sy het heerlike tee gemaak in die silwerteekan, teetafel gedek met silwer suikerpot en melkbeker, klein apostelvurkies en teelepels ; klein teeservette en ‘n bossie tuinblomme neffens van die tee. dan sit ons aan en verbeel ons, ons is royalty.

daar is baie resepte van die appeltert , maar die een is mindersoet en kry ‘n smaak van kaneel by

meng 4 groot plaaseiers saam met 2 koppies witsuiker, voeg daarby  50 ml gesmelte botter en ‘n half koppie volroommelk asook ‘n knippie sout en witpeper.

sif 2 koppies bruismeel drie keer en roer bietjies – bietjies met ‘n houtlepel in die suikerbeslag. ek roer hom altyd in ‘n figuur 8 metode. dan is jou beslag lekker lig.

gooi die beslag in ‘n bak en gooi dan een groot blik tertappels in die beslag. nou strooi jy bo-oor ‘n lepel of wat bruinsuiker en vat hom oond toe en bak op 180 C. jy kan na ‘n half uur die tempratuur verlaag na 150 C. bak tot die tert gaar is in die middel.

gooi een blik ingedampte melk in ‘n klein kastrol saam met 1 en 1/2 koppie suiker, 1 e vanielje  [ as jy vars peule kan kry soveel beter ] en 1/2 t kaneel. maak warm en gooi oor die tert net as jy hom uit die oondhaal.

die beslag kan halveer word vir ‘n purex tertbak – hy is heerlik as jy hom hierin bak.

bedien warm of koud en verlang jou ma

 

 

About these ads

About niël stemmet

kok, motiveringsspreker, reisiger, skrywer, versamelaar, restaurant-en wynplaaskonsultant, gastehuiseienaar, musiek- en natuurliefhebber, storieverteller, luisteraar, binne-en buitehuisekonsultant, mens-se-mens, rubriekskrywer vir TUIS/HOME, weeklikse vrydagoggendpraatjie op Radio Kingfisher kopiereg voorbehou | concept and copyright protected : neil stemmet 2014 View all posts by niël stemmet

You must be logged in to post a comment.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 865 other followers

%d bloggers like this: