viskoekies


ons het graag viskoekies as kinders geeet saam met heerlike fynaartappel en mentertjies. eva het die vir ons gebak en as ons middag van die skool gekom het, het die visreuk in die hoeke van die kombuis weggekruip.

as mens te lank vleis eet en die geilgeit kom sit hier om jouse kiewe is daar min goed so lekker soos die nederige viskoekie

kap ‘n ui mooi fyn en braai in botter tot sag en deurskynend. meng die ui met die rou gemaalde vis, fyn witbroodkrummels, bietjie gerasperde neut, fyn gekapte pietersielie, vars suurlemoensap, sout en witpeper en geklopte eier.

vorm plat koekies met jou hande en braai goudbruin in ‘n mengsel van botter en sonneblomolie.

druk vars suurlemoensap uit oor die koekies, laat le hulle neffens die fynaartappel. skep ‘n paar lepels ertjies aan die bo-kant van die bord en sit aan vir ‘n eenvoudige fees

About niël stemmet

skrywer van 3 erfeniskos-storieboeke sout+peper, agter+blad, bitter+soet. motiveringsspreker, reisiger, versamelaar, restaurant-en wynplaaskonsultant, gastehuiseienaar, musiek- en natuurliefhebber, storieverteller, luisteraar, binne-en buitehuisekonsultant, rubriekskrywer en mens-se-mens. all books available in english - signed copies can be ordered directly from author. kopiereg voorbehou | concept and copyright protected : neil stemmet 2015 View all posts by niël stemmet

2 responses to “viskoekies

You must be logged in to post a comment.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 975 other followers

%d bloggers like this: