nou as jy van die vrugtejuwele praat – die tipe wat jy kan inle , dan praat jy sekerlik van ingelegte geelperskes, maar vir my klink dit te veel soos blik, daarom roep ek hom bottelperskes .
ek dink die inle woord kom van [ can fruit ] kenfruit – kyk as jy die in outyd op sondaemiddae perskes vir poeding bedien het, met plaasroom of carnation se ‘ ideal milk” , was jy omtrent grend – onthou jy die koo blikke met die suikerstroop – die vrugte van pere, perskes, druiwe, pynappel en die suinige kersies wat jy heel laaste op jou tong gesit het – te bang om te kou – het die soet rooi op jou tong gesmelt
oral waar jy in die boland ry staat die venters en verkoop perskes.
my vriendin bokkie se dogter nicol wat in engeland bly , bel altyd hier in desember en se : ag mamma ek sou wat wou gee om net nou ‘n geelperske se reuk te asem en sy soet op my tong te proe
in die kaap roep die kaapse mense hom pe[r]-skis: en vra hulle vir die smouse : hei djy wa vikoep djy die pe-skis voer ? nei man is djy dan mal – issie hjirre se pe-skis, wat jy soe gaat staat en dier maak, kom-aan gie da ‘n bieter prys – en dan as die prys geskik is dan begin die groot inle van die perskeboom-se-geskenke
juffrou duckitt skryf hoe die kaapse kleurlingvroue met die ballasmandjies na jou agterdeur kom loop het, die perskes was uit die kolonies van transvaal en die noord se kaap. die prys was 1 sjieling en 6 pennies vir ‘n mandjie . die kleurvolle gesig van die meire en die onderhandeling oor die agterdeur moes ‘n mooie gesig wees

nou hoe maak jy suikerstroop-perskes
2.5 vars water
300 g suiker
20 mooi geelperskes
gooi die water en die suiker in ‘n groot kastrol, laat kook tot die suiker opgelos is . plaas nou die perskes in die stroop en kook vir 10 minute. haal uit die stroop. trek die skilletjies af . pak die perskes mooi dig ‘n jou gesteriliseerde bottels. gooi die warm stroop oor – dit moet die perskes bedek. vat nou ‘n lang sosatiestokkie en draai die perskes sodat al die lugblasies ontsnap. draai die deksels op – en bere vir winterpoeding of vir wanneer jy oorsese gaste kry
hildagonda duckitt se resep is anders
soek die mooi vrugte uit. skil dun af met ‘n messie, sny deur en haal die pit uit. week die vrugte in ‘n groot kom water waarin jy 2 lepels kalk of sout opgelos het. spoel die vrugte af onder skoon water. weeg die vrugte en vir elke 12 pond vrugte gebruik jy 10 pond suiker [ jy kan ligte geelsuiker gebruik as jy 'n mooi kleur wil he ] olie [ olyf] of botter jou kastol liggies . plaas nou ‘n laag vrugte onder in die kastrol , dan ‘n laag suiker en so gaan jy aan – gooi bo-oor ‘n koppie water of 2 . sit die deksel op en kook tot die vrugte se stroop mooi dik en deurskynend is. skep die perskeskuim af soos jy die perskes kook – skud die kastrol om te keer dat die perskes brand – le in in jou skoonste bottels.
renate vertel hoe hulle perskes uit die boord gepluk het by haar ma se huis in potchefstroom. die is dan ingele of haar ma het droe perskes gemaak wat op die sifdraadstellasies uitgepak is. elke middag hier teen vyfuur het dit kom reent en dan het die hele gesin gehardloop om die perskes vinnig die ronddawel in te dra.
die dae van somer , son en geelperkes
anton goosen sing :
as die geelperskereën veertien dae in die boorde val
en dit reën bietjie bietjie, en dit reën bietjie bietjie
en dit reën in die wes transvaal
as die geelperskereën veertien dae in die boorde val
dan hoor jy hoe die railway perskes in die ketel val
o die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perskebrandewyn
dis vaalblaar in die ketel by hartebeesfontein
die oompie kerf die pitte en hy sit die helm op
hy smeer hom toe en stook hom en hou die voorloop dop ….