kyk as jy nie kalahari skaapvleis ken nie , dan kry ek jou jammer, want dan het jy nog nie skaapvleis geeet nie. ‘n kortkop agter is calvinia se hantam karoovleis en dan wil ek in dieselde asem praat van phillipolis se skaapvleis .
hier in die kaap koop ek gereeld vleis van die overberg by ‘n wonderlike slagter, maar die vleis is so maer en ons wat die kalahari in ons bloed het , se tong wil die bros uitgebakte vet proe as ons lam vuur of oond toe vat.
as kind het ons grootgeword op skaapvleis – die is steeds my nommer een keuse, maar ‘n skaap is deesdae so skaars soos die reent hier in die hoogsomer van die kaap.
vra jou slagter vir die vetste lamsblad – koop maar altwee – een gaan te min wees. hy moet lekker gehang het en mag nie uit ‘n supermark of ‘n vrieskas uitkom nie. veeg die lam droog en dan vrywe jy hom goed met genoeg gemaalde witpeper, ‘n duim fyn gekapte naeltjies, sommer baie koljandersaad wat jy in jou vysel fynkap en lekker seesout.
pak die vleis dan op jou rakkie, gooi ‘n half koppie water onder in die bak en bak hom in die oond vir so 3 ure op 140C .
nooi mense vir ete of maak soos my slagter : hy eet die hele blad so op sy eie op – jy eet die met plaasbrood en botter en as jy soetlus het snipper perskekonfyt.

Maart 2nd, 2011 at 3:59 nm
Ek mis jou lekker inskrywings!
Januarie 25th, 2011 at 1:33 nm
Hello. ek sal darem nie die dag vergeet wat ons hier in die Overberg oor ‘n 1000 skape gelaai het wat verkoop sou word as Karoo lam nie! Mens weet deesdae nie meer wat jy koop nie, onthou!