beste leser
die boek soutenpeper is amper klaar, vandag sit ons hier om die groot eetkamertafel, pot sop op die stoof, bruinbrood in die oond, terwyl die reent buite teen die ruite klop
en ons is besig om die bladsye van die boek op te stel, proeflees is klaar gedoen, carmen niehaus het reeds die resepte versien, al die kiekies is klaar, nou plak ons die boek op ‘n groot apple skerm
my hart is stil – ‘n eie boek – en hy is amper klaar
daar is geweldig baie media belangstelling – ek hou julle op hoogte en julle sal baie lees in november
lievde en groete
neil
n.s. die volgende boek is reeds in proses
December 29th, 2011 at 11:16 vm
Niël, as boorling van Upington het my liefde vir die Noordwes-Kaap en sy mense deur al die jare net bly groei. Sout & peper verwoorde soveel van daardie kultuur. Die warmte van die mense, die gulheid van saam-wees rondom eerlike kos: onopgesmuk en uit die hart – net soos hierdie pragboek van jou. DANKIE!
Nicki
Julie 25th, 2011 at 10:59 vm
Nice! Laat weet as dit beskikbaar is.
Julie 25th, 2011 at 5:36 vm
Baie geluk, Neil