was die suurlemoene deeglik af, snipper dit baie dun en haal die pitte uit en sit dit in n koppie water.
neem drie koppies water vir elke koppie snippers en laat dit 24 uur staan
kook dit dan vinnig tot dit sag is
weeg dit en voeg n pond suiker vir elke pond daarvan bij. voeg ook die water van die pitte bij. kook todat dit dik en jellerig is
dit is hoeka nou suurlemoen tyd, soek n boom en pluk hul self van die boom, die met die growwe skille wat ons kleintyd saam met sout geeet het , voor daar winkelsentrums vol lekkergoedwinkels was
laat my dink – toe ons kind was, het ons in die veld ons lekkers gepluk, ek het hande vol vinkel gepluk en die soet uit die lote gekou. soms was dit die lus vir suur wat ons agter die surings aangesit het – partykeer so suur dat jouse kiewe skeef getrek het
maar die lekkerste van al die veldlekkers was die heuningkoeke wat oupa uit die bloekombome uitgehaal het, dan jy eet jouself agter jouself met jou stoopvingertjies, jou mond so taai dat die boerseepwaslap hom paar keer moet bykom voor hy weer skoon wys