Category Archives: likeure

turksvylikeur, leipoldt se van der humlikeur en lukwartlikeur


jare terug het ek turksvylikeur gemaak vir ‘n media storie vir lannice snyman, ek onthou dit nou nog, omdat my hande vir dae daarna gejuk het, die fyndoringkies het ‘n manier om oral in jou vel leplek te soek. gelukkig is dit nog nie turskvytyd nie [ as kind het ons gepraat van struksvye ], dus kan hy solank beplan hoe jy hom gaan pluk, en onthou die boereraat van botter oor die dorings om die gejeuk te verlig.

20 pere

1 l brandwyn

1 l water  of room

800 g suiker

skil die turksvye in stukkies en gooi die brandewyn oor. laat staan vir 10 dae. gooi nou deur ‘n sif en meng met die suikerstroop of soetmelk [ meng die suiker en die room, en laat prut tot al die suiker gesmelt is - of as jy dit met water en suiker wil doen selde metode ] laat die likeur vir 20 dae staan, nooi jou bure en kuier rustig saam

ek het die altyd in die yskas gebere en oor koue roomys geeet.

leipoldt skryf jy moet ‘n goeie brandewyn gebruik, niks minderwaardig as jy jou eie likeur maak nie.

leipoldt se resep vir van de hum is as volg en dateer uit 1836 van ene familie schwabe se geskrifte

los 3 pond swart borssuiker [ nog nooit van gehoor nie - sal bruinsuiker voorstel ] op in 6 bottels baie goeie brandewyn. laat staan vir  2 dae. tel nou 100 naeltjies uit saam met ‘n 1/2 pond gemaalde kaneel en die gedroogte , gemaalde skille van 5 nartjies. rasper 1 heel neut fyn en gooi ook by. gooi die brandewyn by, bere dit in ‘n koel plek, gooi ‘n klam doek oor die bek – as jy een van daardie ou erdekanne het sal ek hom gebruik.

roer die die wordende likeur elke dag deur en laat staan vir 2 maande. na 2 maande gooi jy die likeur 3 keer of meer deur ‘n moeselienlap , tot die likeur mooi helder skoon is. – gooi nou in silwerskoon bottels met kurkproppe, wat jy toeseel met lak.

en dan het jy genoeg van der hum vir ‘n jaar en vir al wat ‘n bakpoeding is.

wat ‘n voorreg om soveel by so ‘n wonderlike man te leer, hoekom kan die kinders nie vandag sulke stories leer op skool nie – vir my is so ‘n resep ‘n storie – en die is ‘n mooi storie.  hy praat ook van ‘n lukwart likeur – die was seker die voorvoeter van amarulalikeur – die lukwartlikeur gaan ek maak – dit is een van my gunsteling kinnervrugte en die bome dra nou swaar daaraan hier in stellenbosch.

ek sal die resep volg soos vir turksvylikeur en in plek van die vye 40 stroopsoet lukwarte gebruik


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 864 other followers