jare terug het my ma altyd gestoofde perskes saam met bobotie bedien, nou wat is lekkerder as die toekos by bobotie. die gestoofte perskes komplimenteer die speserye-smake van die bobotie , soos die engelsman sou se : to the T
ek verlang nou na begrafnisrys, stowe perskes, blomkool met witsous en bobotie, maar die is ‘n ander dag se storie
vandag is dit die van ontbyt stowevrugte wat heerlik is met tuisgemaakte volroomjogurt
1 liter rooibostee afgekoel
500 g gemengde droevrugte : appels, appelkose, pruimedante, perskes, pere, veselperske, vye
gerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen, net die skil gedeelte
die sap van die suurlemoen en lemoen
1 vanieljeboontjie se saad
3 stukke steranys
2 stukke heel kaneel
4 kardomon sade fyngestamp [ doppe weggegooi ]
goeie knyp gerasperde neutmuskaat
knippie witpeper en sout
3 e bruinsuiker
plaas die droevrugte in jou emaljekastrol, gooi die tee oor en laat staan oornag, sorg dat die pruime onder in die pot leplek het. sit jou emaljepot op die stoof, gooi die res van die bestandele by en laat saggies prut tot jou vrugte neffens van sag is
koel af, gaan pluk ‘n paar mentblare in die tuin, skep die vrugte onder in jou bak, jogurt langs die kant, sprinkel die jogurt met ‘n bietjie bruinsuiker, druk ‘n mentblaar in die jogurt en sit voor met vars uitgedrukte lemoensap, witbroodroosterbrood met lemoenmarmelade en moerkoffie en amper vergeet ek – dek ‘n tafel onder die bome, luister na die bye, die voels en die stilte van jouse mond.
