na aanleiding van erfenis 3 se gesprek oor erfeniskos se twee paaie in 1890 kry ek die resep in renata coetzee se spys en drank – die resep is opgeskryf deur mev duckitt vir die grend mense .
nou dink ek , een of ander vrouegroep het seker die opgespoor en goed bespreek en dan op ‘n spesiale geleentheid voorgesit aan haar gaste, met vertoon dat die resep oorsprong het uit die constantia kant van die kolonie
1.5 kg skaaprib
1 ui
4 k water
60 g tamarind
2 eiers
6 naeltjies
sout
12 peperkorrels – gebreek
1 e bruinsuiker
1 k meel
sny die vleis in stukke, voeg die gekapte uie by , asook die water en prut vir een uur om ‘n vleisaftreksel te maak.
skep 1 koppie van die vleisaftreksel uit en gooi in ‘n kastrol. bewaar die res. meng nou by die 1 koppie aftreksel die tamarind en die ander speserye, sout, suiker en laat stadig prut. voeg nou nog twee koppies aftreksel by die tamarindmengsel en bring tot kookpunt – die is dan die sop
vir die souskluitjies meng 1 koppie vleisaftreksel met 120 g meel. roer 2 eiers in die mengsel en vorm kluitjies die grote van okkerneute. een halfuur voor ete gooi jy die kluitjies in die sop, sit die deksel dig op, moet nie oopmaak nie, en stoom saggies gaar.
renata se die sop is voor die hoofmaal bedien en dat voordat tamarind bekend geword het is of vark of eend of hoenderbloed in plek van die tamarind gebruik. tamarind proe soos suurpruime en wat ek kan onthou maak hy die kleur van alles donker , dus die naam swart suursop. 
