Category Archives: voorgeregte

kammakreef voorgereg


jare terug, toe die kreef reeds dieper die see begin intrek het was dit grend om ‘n voorgereg van kammakreef voor te sit.

jy het jou eie seeskulpe gehad, dit was ‘n kammosselskulp en na elke gebruik is die skulp sorgvuldig gewas en gebere vir die volgende grend okkasie. jy het sulke klein vurkies daarby gekry , my ma s’n had rooi, groen en geel agterpunte

ewenwel die resep lees as volg

1 kg stokvis

jy kook die vir 10 minute en laat dit dan afkoel in die yskas, vlok die vis dan met 2 vurke – probeer onthou hoe kreef lyk , want die stokvis word mos nou die kreef in jouse gereg

maak ‘n sous van die volgende

120 ml tamatiesous

25 ml worcestersous

2.5 ml tabasco

250 ml eie mayonaise of kraft

15 ml fyn gerasperde witui

25 ml suurlemoensap

12.5 ml droe sjerrie of brandewyn

sout en swartpeper

meng die sous goed deur, as jy vinkel in die tuin het kan jy een eetlepel van die fynste blaartjies by die sous roer.  voeg die vis by en meng versigtig

sny kropslaaiblare fyn en pak om die kante van die skulp. plaas jouse kreef in die middel. sny ‘n suurlemoenmaan halfpad deur in die middel en laat hy wydsbeen staan oor jou vis. sprinkel met vars maalpeper.

bedien saam met ‘n droe vonkelwyn en gedenk al die vriende  van jou ouers -  vroue in swie-swierokke met rooi lipstiffie en manne met bree skouers in manelpakke.  hulle het die voorgereg by menigte banket geniet ,  met ‘n groot stilte van genoegdoening.

dit was die jare van die saterdagaanddans in die stadsaal, die era van die die blaasorkes, motors met vlerke, sonbrille met punte-na-bo  – die tyd van ewig jonkwees .


skilpadjies oftewel lewer in netvet


kyk vir blou jare het ons die gereg as voorgereg by le must bedien. ons het die skilpadjies gekry by karien kotze van kleinbegin, sy het elke donderdag ‘n koelsak vol skilpadjies kom aflewer vir die honger gaste .

emily het die skilpadjies dan vier per bord op die warm vuur gebraai en bedien met  ‘n tuisgemaakte vars knoffel, gekapte pietersielie, sout , suurlemoensap en witpepersousie

1 dik sny witbrood

50 ml melk

1 groot eier

1 skaaplewer gemaal

25 ml druifasyn

5 ml sout

2 ml witpeper

1 ui fyngekap

500 g netvet

week die brood in melk

meng  al die bestandele behalwe die netvet

sny die netvet in stukke en sprei oop, plaas die lewermengsel op die vet, rol toe en steek vas met peuselstokkie. braai op warm kole tot goudbruin. bedien baie warm met plaasbrood, botter en druiwekonfyt


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 778 other followers